
=====================================================================
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Carl Niehaus het in Nederland gebou

Mnr. Carl Niehaus is nou direkteur van die Nasionale Instituut insake Misdaadvoorkoming en Rehabilitasie van Oortreders (Nimro).

---------------------------------------------------------------------
Vernie February huldig en bedank die voormalige ambassadeur van Suid-Afrika in Nederland.

OP 23 November 1983 is hy skuldig bevind aan hoogverraad en tot vyftien jaar gevangenisstraf gevonnis. Sy vrou, Jansie, met wie hy in die 
gevangenis getroud is, het ook in die tronk beland. In Maart 1991 is hy vrygelaat kragtens die Pretoria minuut. Daarna het Madiba hom gevra 
om ambassadeur in Nederland te word.

As 'n mens wil weet wat die ANC bedoel het met hul veldtog destyds teen apartheid, met "Vulela Indlela", d.w.s. die weg oopmaak, dan moet 
jy daarop let hoe Carl Niehaus dit letterlik in Nederland uitgeleef het.

Die pragtige ambassadegebou in Den Haag, wat eers 'n vesting was en sy deure gesluit gehou het vir teenstanders van apartheid, het sy deure 
oopgemaak. Carl het daarin geslaag om eiehandig die beeld van ons land te verander. En hy het altyd in sy baie toesprake, op die 
beeldradio, in sy daelikse omgang met sy medemens Afrikaans gepraat. Hy het die kultuur van Suid-Afrika aan die Nederlander geopenbaar.

Ek kan nie eens tel hoeveel lesings daar in die Afrika Studie Centrum in Wassenaarseweg 52 in die universiteitstadjie Leiden plaasgevind 
het nie. Soms is daar ook boeke van bekende Suid-Afrikaners bekend gestel. So het Antjie Krog kom praat oor die Waarheidskommissie en haar 
gedigte.

Toe Beyers Naud se biografie in die ambassade aan Niehaus en sy vrou oorhandig is, was daar byna geen plek vir 'n muis nie. In die 
"residentie" aan Alexander Gogelweg was daar 'n stormloop toe Gerrit Komrij se bloemlesing van Afrikaanse posie bekend gestel is. Niehaus 
het op indrukwekkende wyse die Abraham Kuyper lesing versorg en weer eens in Afrikaans. Sonder om ons taal verkeerd aan te wend, soos 
voorheen die geval was, het hy oral 'n bres geslaan vir die taal.

Carl Niehaus het so 'n druk werkprogram gevolg dat 'n mens soms daarvan geduisel het. Daar was die tentoonstelling van sy en Jansie se 
skilderye en hulle visie op gevangenskap. 'n Ongekende hoogtepunt was die besoek van Madiba, die ete by die koningin in die paleis op die 
Dam met uitgelese gaste en Mandela se eredoktoraat in Leiden.

Niehaus se boek Om te veg vir hoop het in Nederland ook indruk gemaak. Die Nederlandse resensent Eric Brassem het geskryf: "Voor een 
Nederlandse lezer verschaft dit prachtboek vol innerlijke geworstel inzicht in nog een andere vraag: Een Afrikaner, wat is dat eigenlijk?"

Dis jammer dat Die Suid-Afrikaan nie meer bestaan nie, want dan kon ek hulle ook toegevoeg het aan my rubriek "Hulle pad het myne gekruis." 
In 'n persoonlike brief aan Carl en Jansie het ek geskryf: "Julle staan vir alles wat mooi is in daardie land en verteenwoordig ook die 
ongekende moontlikhede wat daar nog in Suid-Afrika l. Ek sal nooit vergeet toe ek weer eens deur siekte gepootjie was en jy die kos in die 
hospitaal maar so-so gevind het, het julle spesiaal bobotie vir my gemaak en op Kersdag na my huis toe gebring.

"Eintlik moet ek die Liewe Heer dankie s vir al die mooi dinge wat hy my geskenk het. Daar was die vriendskap opgebou in die ANC en nou 
julle aanwesigheid hier in die land. Van die eerste keer dat ons mekaar ontmoet het, het ek 'n groot verbondenheid gevoel. Eric Brassem het 
gelyk as hy hom afvra: 'Een Afrikaner, wat is dat eigenlijk?' Soms as 'n mens gelukkig is, kom die antwoord in die gedaante van 'n Jansie 
en 'n Carl Niehaus. Eintlik was daar 'n egte in Den Haag."

Nou dat Carl tuis is, sal dit stil word in Wassenaarseweg 52.

"Hambani Ngamandla nangoxolo." Prof. Vernon February is verbonde aan die Afrika Studie Centrum in Leiden, Nederland, en gee van tyd tot tyd 
lesings aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7311.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

